Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Onthou jy my?

ebook

Onthou jy my? is die heel eerste boek 'n splinternuwe, treffende fiksie-reeks deur die baie bekende Afrikaanse skrywer, Elize Parker.

Die Offerkind-reeks handel oor Emma en Izak, 'n tweeling wat by geboorte geskei is en hul lewens lank swaar gedra het aan die 'Geskeide tweeling'-sindroom wat tot sekere gedragspatrone by hulle gelei het en hul lewens beïnvloed het.

Onthou jy my? vertel die aangrypende verhaal van een van die tweeling, Emma. Sy is 'n opgeleide paramedikus, en doen gereeld in haar vrye tyd diens as paramedikus by haar tienjarige seun, Albert, se rugbywedstryde. Een Saterdag is sy weer noodhulpvrywilliger vir sy skool se spanne. Sy en Albert ry in twee afsonderlike skoolbussies na 'n naburige dorp vir 'n rugbytoernooi. Op pad soontoe beland die bussies in 'n grusame ongeluk. Emma doen alles wat sy kan om te help om van die kinders se lewens te red, maar weens haar eie beserings kan nie sy nie veel doen nie. Haar eie seun is een van die sterfgevalle.

Die ongeluk en Albert se dood het verrykende gevolge op Emma en haar man, André, se lewens. Emma ontwikkel 'n verslawing en weens 'n misstap as gevolg van haar verslawing moet sy 'n vonnis uitdien.

André, 'n oud-polisieman wat sy eie sekerheidsmaatskappy gestig het, gaan werk in Irak om van die situasie tuis te ontvlug. Hy word egter as gyselaar gevange geneem. Een van sy mede-gyselaars is Izak, maar hulle besef nie dat daar 'n band tussen hulle bestaan nie.

Sal Emma en André se huwelik die traumatiese gebeure kan oorleef? Is daar genade deur hoop vir die twee stukkende mense? Waarom begin Emma ewe skielik oor haar herkoms en die gemis wat sy al vir soveel jare voel, wonder?

Elize se uitstekende skryftalent en vermoë om 'n storie op 'n aangrypende wyse te vertel, maak hierdie 'n moet-lees boek vir elke fiksieliefhebber en sal die leser meesleur en boei tot aan die einde. Onthou jy my? is 'n verhaal van hoop wat beloof om lesers diep te raak en hulle vir nog baie lank sal bybly.

Expand title description text
Publisher: Struik Christian Media

OverDrive Read

  • ISBN: 9781415316030
  • Release date: October 5, 2011

EPUB ebook

  • ISBN: 9781415316030
  • File size: 449 KB
  • Release date: October 5, 2011

Formats

OverDrive Read
EPUB ebook

subjects

Fiction Literature

Languages

Afrikaans