Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Nasleep

ebook

Sy misdade was vir die nasie, het hy by die verhoor betoog. Maar daardie volk stel nie meer belang nie.

Paul du Toit word weggeruk uit sy leefruimtes van huwelik en werk om voor die Waarheids- en Versoeningskommissie te verskyn. Hy kom anderkant uit in 'n land wat nie meer vir hom plek het nie.

As lid van die Spesiale Magte in die jare tagtig was hy deel van 'n 'projek' waarin twee burgerlikes gesterf het. Daarvoor moet hy nou om amnestie aansoek doen, en dit bring hom te staan voor vrae oor sy versluierde verlede.

Nasleep speel hom rondom die millenniumwending af in Suid-Afrika en Londen, waar Paul kennis maak met ander Suid-Afrikaners in die diaspora. Ankerloos in dié afsydige stad en op soek na sy vrou wat hom verlaat het, vertoon Paul twee kante van sy persoonlikheid: die een dodelik, die ander kwesbaar.

En algaande, deur transkripsies van Paul se WVK-sittings, ontbloot hierdie ontroerende roman die gesplete aard van een man se geskiedenis – 'n gewone mens meegesleur deur 'n oorheersende boosheid.

Expand title description text
Publisher: Penguin Random House South Africa

OverDrive Read

  • ISBN: 9781415203019
  • Release date: April 25, 2011

EPUB ebook

  • ISBN: 9781415203019
  • File size: 372 KB
  • Release date: April 25, 2011

Formats

OverDrive Read
EPUB ebook

subjects

Fiction Literature

Languages

Afrikaans