Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Oorkom enige krisis

ebook

Wat doen 'n mens wanneer alles waarin jy glo, in duie stort?

Hoe herstel jy van die lewe se dwarsklappe?

Wat word van jou as jy wil werk, maar poste is so skaars soos hoendertande?

Waarheen gaan jy as almal vir wie jy hulp vra, self hulp nodig het?

Al hierdie vrae kom uit werklike situasies wat Myles Munroe as berader teëgekom het by mense wie se lewens ontspoor het. Hoewel elke situasie uniek was, was daar een gemene deler: elke beproewing het uit een of ander krisis gespruit.

Ons almal kom voor verskillende krisisse te staan. Ons beland onverwags of onvermydelik in situasies waaroor ons geen beheer het nie. Ongelukkig beskik ons nie altyd oor die nodige intellektuele, emosionele, sielkundige en geestelike toerusting om sulke omwentelinge geslaagd en doeltreffend te trotseer nie. As dit vir jou bekend klink, is hierdie boek vir jou bedoel, of miskien ken jy iemand wat moet hoor dat die lewe voortgaan na 'n krisis.

Myles Munroe bespreek onderwerpe soos die volgende:

Sewe maniere om 'n krisis te hanteer

Hoe om in krisistye te floreer

Werkkrisis: Ontdek jou roeping buite jou beroep

Lees Oorkom enige krisis en besluit vandag om bo jou omstandighede uit te styg en die krisis te oorkom.

Expand title description text
Publisher: Struik Christian Media

OverDrive Read

  • ISBN: 9781415311165
  • Release date: April 11, 2011

EPUB ebook

  • ISBN: 9781415311165
  • File size: 374 KB
  • Release date: April 11, 2011

Formats

OverDrive Read
EPUB ebook

Languages

Afrikaans