Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Die pad na Weerbegin

ebook

Haar hande bewe. Sy lig die knipsel op, maar lees dit nie. Dis die foto wat haar aandag gevange hou, die ooreenkoms, die feit dat Grant Dirk Massyn se ewebeeld is. Dis 'n paar weke voor Kersfees en Nadia Jonker is in die hospitaal, besig om te herstel ná 'n skietvoorval wat nie net haar eie lewe nie, maar ook dié van die mense naaste aan haar vir altyd verander het – haar vriend, Grant, haar ma, haar pa asook Grant se ma, Patsy. Niemand weet dat Patsy al jare lank met 'n groot geheim saamleef nie. Deur 'n sameloop van omstandighede word sy egter nou gedwing om te erken dat sy 'n leuen leef. Maar wat gaan Grant doen as hy die waarheid hoor? Sal hy Londen toe vlug of die pad vat Weerbegin toe om die plek te sien waar hy gebore is? Patsy leef boonop in die vrees dat sy haar werk kan verloor en op straat beland. Sy kan nie ophou om aan die een man te dink wat sy werklik liefgehad het nie – sal hul paaie ooit weer kruis, en indien wel, wat gaan gebeur? Sal sy kan regmaak wat sy twintig jaar gelede verbrou het en sal die liefde ná soveel jare seëvier? Soos in Dit gebeur met ander vertel Helena Hugo 'n meesleurende verhaal van een gebeurtenis wat uitkring en die lewensgang van talle mense omkeer, van die waarheid wat bevryding bring en mense wat mekaar 'n tweede kans gee. Wie gaan die eerste tree gee terug na Weerbegin?

Expand title description text
Publisher: Struik Christian Media

OverDrive Read

  • ISBN: 9781415311127
  • Release date: December 27, 2010

EPUB ebook

  • ISBN: 9781415311127
  • File size: 467 KB
  • Release date: December 27, 2010

Formats

OverDrive Read
EPUB ebook

subjects

Fiction Romance

Languages

Afrikaans