Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Lugkasteel

ebook
In Sabbatsreis vertel Annelie Botes hoe sy in 2004 blindelings op 'n vliegtuig geklim het om in Engeland 'n ouma te gaan soek wat sy kon oppas. Om haar skuld te betaal. Vir 'n hellejaar vol hemelsheid word sy Granny se hoeder. Maar genoeg is selde genoeg. Kwalik ses maande nadat sy teruggekom het Baai toe, vlieg sy wéér Engeland toe. Dié keer as die goewernante van vier onhebbelike bloubloed-seuntjies. En, soos Aspoestertjie, bevind sy haar in 'n grillerige ou kasteelhuis, en sy is net 'n kasteelbediende. Sy ly honger; sy verkluim. Sy moet haar karige leefruimte deel met die wandelende gees van 'n vrou wat lankal oorlede is, maar steeds snags in die kasteelgange rondloop. Om vir haar 'n wegkruipplek te skep, rig sy 'n antieke Mercedes-Benz vol muisneste, wat verlate in 'n plaat onkruid staan, in as haar heiligdom. Droomplek. Dinkplek. Huilplek. Tien jaar later sit sy by haar ou bruin lessenaar en rol die kamera terug na daardie tyd. Bekyk die glasskoentjies wat elke mens langs die pad verloor. Lugkastele wat tuimel. Alles net swaanveertjies in die winterwind. Tog, ondanks ons stukkende vlerke, leer ons vlieg. Hoër en verder as wat ons ooit kon droom.

Expand title description text
Publisher: Penguin Random House South Africa

OverDrive Read

  • ISBN: 9781770229303
  • File size: 554 KB
  • Release date: November 1, 2016

EPUB ebook

  • ISBN: 9781770229303
  • File size: 554 KB
  • Release date: November 1, 2016

Formats

OverDrive Read
EPUB ebook

Languages

Afrikaans