Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Wat die hart van vol is

ebook
'n Wydlopende herinneringsreis, deurspek met staaltjies, deur een van ons land se fynkospioniers ... Met erfeniskos wat deesdae internasionaal hoogmode is, staan een kok uit: Peter Veldsman. As enigste kind op 'n plaas in die Klein-Karoo het Peter 'n fyn waarnemingsvermoë en goddelose sin vir humor ontwikkel. Die resultaat is eindeloos vermaaklike stories oor die kos en mense in sy lewe, van sy dae as kosredakteur van die tydskrif Sarie, waar Peter twee generasies Afrikaanse vroue voor die stoof touwys gemaak het, toe as kosskrywer van Rapport en, uiteindelik, as "Mister V", eienaar van Emily's, waar hy hom amper 20 jaar lank beywer het om van streekskos fynkos te maak en só 'n formidabele restaurant-nalatenskap gevestig het. Baie van die stories is snaaks. Ander is soet-nostalgies. Sommige kyk eerlik na kwessies ná aan sy hart, soos gay-wees en die kerk. En tog, al het hy al vir bekendes en selfs beroemdes gekook en die wêreld deurkruis op soek na nuwe smake, is dit sy tante Julia en haar "koskys" wat hy steeds die helderste voor die oog roep, sy Skotse ouma, en die dag toe hy as 'n vierjarige op sy oupa se plaas in die Klein-Karoo die eerste keer 'n doukomkommer tussen sy tande geknars het ... Nostalgies, humoristies en hartroerend – 'n boek wat jou terugvat na Ouma se kombuis, maar dan ook die drumpel oor, na die wye wêreld daarbuite.

Expand title description text
Publisher: Penguin Random House South Africa

OverDrive Read

  • ISBN: 9781770229723
  • File size: 16195 KB
  • Release date: September 1, 2016

EPUB ebook

  • ISBN: 9781770229723
  • File size: 16195 KB
  • Release date: September 1, 2016

Formats

OverDrive Read
EPUB ebook

Languages

Afrikaans