Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Koors

ebook
Die Koors het byna almal gevat. Maar nie dertien jaar oue Nico Storm en sy pa, Willem, nie. Deur 'n Suid-Afrikaanse landskap feitlik sonder mense, met al hoe minder blikkieskos in die verlate winkels, Koeberg-bestraling in die Wes-Kaap en al hoe meer moorddadige hondebendes – én mensebendes – swerf Nico en sy pa, op soek na 'n plek om die samelewing weer te vestig. Wanneer hulle dit eindelik sover het by die ou Vanderkloof – nou Amanzi – met 'n groepie swerflinge wat saam van voor af wil begin, steek al die ou sondes van die mensdom kop uit. Gou is Amanzi op geloofs- en politieke lyne verdeel, en verdediging teen die swaar gewapende motorfietsbendes wat dwarsoor Suid-Afrika plunder en moor raak al hoe moeiliker. En wat van die geheimsinnige, yskoue Domingo, wat by Amanzi aangery kom op 'n motorfiets van sy eie en spoedig as paramilitêre leier ontpop – kan hý ooit vertrou word? Dis nie lank nie, of moord kom inderdaad ook na Amanzi ... In Koors vertel die volwasse Nico Storm die verhaal van die moord op sy pa. Dit is 'n aksiebelaaide nuwe rigting vir Deon Meyer, met al die aspekte wat lesers van sy spanningsfiksie verwag en nog vele nuwe lekkertes daarby.

Expand title description text
Publisher: Human & Rousseau

OverDrive Read

  • ISBN: 9780798173865
  • File size: 747 KB
  • Release date: August 2, 2016

EPUB ebook

  • ISBN: 9780798173865
  • File size: 747 KB
  • Release date: August 2, 2016

Formats

OverDrive Read
EPUB ebook

subjects

Fiction Mystery

Languages

Afrikaans