Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Ettie Bierman Keur 11

ebook
In 'n Stadsjapie vir Pafuri het al Janie se vriende haar gewaarsku dat sy 'n groot fout maak. "Jy kan nie met 'n man trou wat jy skaars twee weke ken nie," het hulle gesê. "Leer hom eers beter ken . . . en leer eers sy omstandighede beter ken. Hoe sal 'n gebore Johannesburger dit in 'n eensame wildreservaat uithou, met net vlieë en slange vir geselskap?" Maar Janie het gedink dat sy beter weet. Theo was dan so 'n wonderlike man, so liefdevol en bedagsaam, en sy was so inniglik lief vir hom. Wat maak dit dan saak waar hy woon, solank sy net by hom kan wees? Dit duur nie lank voordat sy besef dat sy dalk na haar vriende se raad moes geluister het nie. Theo wat sy arm om haar gesit en mooi woordjies in haar oor gefluister het voordat hulle getroud is, is nie die Theo wat so vasgevang is in sy werk dat sy hom skaars sien nie. Sy leer 'n ander Theo ken: 'n sleggehumeurde man wat gedurig met haar rusie maak sonder dat sy verstaan waarom dit gaan. Gelukkig is Katinka daar om haar raad te gee en haar vriendin te wees, en dierbare Walt, Theo se neef wat 'n kunstenaar en 'n beskaafde man is. Hulle twee maak haar onaangename lewe 'n bietjie draagliker. In Benodig: 'n Vrou vir Braam besoek Belinda die historiese Graaff-Reinet op pad na die Kaap waar sy vakansie gaan hou. Soos elke toeris gaan neem sy foto's van al die ou geskiedkundige geboue en tot haar groot ontsteltenis ontmoet sy 'n dogtertjie wat in die kerk wegkruip. Die kind huil hartverskeurend en na geduldige ondervraging kom die waarheid uit. Die kind is bang vir haar pa en nou kruip sy hier in die kerk vir hom weg. Belinda is dadelik simpatiek en vind toe ook uit dat die kind se ma dood is, en dat haar pa haar nou kom haal om by hom te bly. Haar pa en ma is geskei en sy het by haar ma gebly, want haar pa is 'n slegte man en sy wil nie saam met hom gaan nie. Impulsief besluit Belinda om die kind se pleegma se toestemming te kry om haar saam te neem Kaapstad toe. Dié is maar te bly om van die kind ontslae te raak en die twee vertrek. Hulle is egter skaars op pad toe die dogtertjie agtertoe kyk en haar pa in 'n motor sien. Belinda besef dadelik dat hy hulle agtervolg en daar volg 'n verbete vlug af Kaap toe, om die kind te red van 'n pa met moordneigings. In Man in die donker is Senta Swiegers en haar man, kaptein Henk Swiegers van Jakaranda-lugdiens, op die punt om haar verjaardag te gaan vier toe Henk ontbied word om vir 'n medevlieënier op 'n oorsese vlug in te staan. Dit bederf die hele dag vir Senta en sy is woedend, maar min kon sy weet dat die ergste nog sou kom. Voor die einde van daardie dag word daar 'n moord gepleeg waarby sy betrek word . . . Sy was immers die laaste persoon wat die vermoorde, die sjarmante vrouejagter kaptein Don Metelerkamp, lewend gesien het voordat die donker figuur in die tuin toegeslaan het. Senta gaan deur die moeilikste tydperk van haar lewe – 'n tydperk waarin dit lyk of selfs haar man haar nie glo nie, want is hy nie maar té bewus van die verhouding wat daar vroeër tussen sy vrou en Don was nie?

Expand title description text
Publisher: Tafelberg

OverDrive Read

  • ISBN: 9780624075707
  • File size: 787 KB
  • Release date: December 20, 2015

EPUB ebook

  • ISBN: 9780624075707
  • File size: 787 KB
  • Release date: December 20, 2015

Formats

OverDrive Read
EPUB ebook

subjects

Fiction Romance

Languages

Afrikaans