Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Binnekring van Spookasems

ebook
Herman Lategan is ? flaneur van Seepunt. Wanneer hy voetslaan in die strate is hy ? toeris in die demi-monde, ? landskap van vlees en bloed. Hy swerf tussen bergies, dwergies, fopdossers, kerkmuise, nagblomme, laventelhane en ontheemdes. Hy lê die mens en homself tot op die been bloot. Die karakters in sy stories, almal ongelooflik en eg, is almal van ons. Vroue wat swaar dra aan die verlies van blink verledes. Jong mans wat kaalbolyf dagga rook in Houtbaai, waar die "skyn van voorstedelike rustigheid"die res van ons flous, maar nie vir Herman nie, want hy sien onder die oppervlak "gluip iets wilds, soms sinister, maar ook opwindend."Hy het 'n oog vir wat fout en uit plek en koddig en belaglik en mooi is, en vir wat snaaks en bisar is.Lesers van Rapport het lank gevra vir 'n versameling van die beste rubrieke uit Herman se weeklikse Woorde wat wip. Hier ís hulle nou, oordeelkundig gekeur deur Amanda Botha. As pasella is daar 'n tweede afdeling: ? poespas van sy sielvolle, melancholiese stories. Danksy sy eiesoortige taalgevoel, verontrustende derde oog, aweregse blik op randeiers, en fyn humoristiese vergrootlas op die lewe, is elke vinjet 'n chiaroscuro van sonlig en donkermaan. Hierdie tydlose bundel kan jy stadig en sorgsaam soos 'n literêre smulpaap verorber. Lanklaas was daar sulke eensame beskrywings van die mens se oerverlange.

Expand title description text
Publisher: Jonathan Ball Publishers

OverDrive Read

  • ISBN: 9781868426270
  • Release date: October 1, 2014

EPUB ebook

  • ISBN: 9781868426270
  • File size: 2805 KB
  • Release date: October 1, 2014

Formats

OverDrive Read
EPUB ebook

Languages

Afrikaans