Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Kamphoer

ebook
Dit is die Eerste Wêreldoorlog. In 'n Britse militêre hospitaal staan Susan Nell voor die deur van een van die private sale. Op die deur is 'n enkele naam aangebring. Sy ken daardie naam. Sestien jaar tevore, in een van die Anglo-Boereoorlog se konsentrasiekampe, het daardie naam soos 'n liddietbom in haar lewe gebars. Sy lig haar hand om die deur oop te maak, maar dit bewe so dat sy die knop nie vasgevat kry nie. Sy moet dit doen. Sy is 'n psigiatriese verpleegster en dit is haar taak om getraumatiseerde soldate terug te bring na die lig. Maar as daardie soldaat die een is wat sestien jaar tevore met sy heupe alle lig uit jou gestamp het . . .? Susan Nell se hand word loodswaar. Iets soos 'n warrelwind ruk deur haar. Sy wankel op die drumpel tussen lewe en dood. Kamphoer is die ware verhaal van 'n vrou wat gedurende die Anglo-Boereoorlog wreedaardig verkrag en vir die aasvoëls gegooi is. Met die hulp van 'n reeks weldoeners ontsnap sy aan die kloue van die dood en wy sy uiteindelik haar lewe aan die genesing van presies die soort trauma waaraan sy onderworpe was. En in die proses word sy teruggestamp in 'n bomkrater wat sy geglo het lank reeds toegegroei het en veilig bedek was. In Kamphoer word die weerbarstigheid van die menslike gees opgeweeg teen die ewe blywende invloed van trauma. Dit is 'n sielkundige riller wat jou tot op die laaste bladsy in sy yskoue greep sal hou.

Expand title description text
Publisher: Tafelberg

OverDrive Read

  • ISBN: 9780624065524
  • Release date: July 31, 2014

EPUB ebook

  • ISBN: 9780624065524
  • File size: 518 KB
  • Release date: July 31, 2014

Formats

OverDrive Read
EPUB ebook

subjects

Fiction Literature

Languages

Afrikaans