Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Snoeiskêr

ebook
Die duime is met 'n soort skêr of tang afgesny, en geoordeel na die merke aan die vingerbeentjies, is dieselfde instrument in elke geval gebruik. Moontlik 'n gewone snoeiskêr, net baie skerp. Langs 'n Johannesburgse mynhoop word een van die lyke gekry, in die veld naby die Mosambiekgrens lê nog twee, 'n ander in 'n bloedbespatte kamer van 'n derderangse hotel in Hillbrow, almal met die afgesnyde duime op die bors geplaas. Die misdaadverslaggewer Patricia de Beer begin verbande lê tussen die verskillende gevalle. Is hier 'n reeksmoordenaar aan die werk? Sy praat met haar vriende in die Eenheid vir Geweldmisdaad, en toe supt. Pine Pienaar en sy span agterkom dat daar jare gelede op 'n plaas naby Vrede 'n plaasmoord was waarin 'n vrou se duime afgesny is en op haar bors gelaat is, begin hulle Patricia gelyk gee. Op 'n verlate grondpad in Mpumalanga bring 'n donker man met ligbruin, byna geel oë sy dubbelkajuitbakkie in 'n stofwolk tot stilstand. Hy lees Patricia se artikel oor 'n moordenaar wat sy onversadigbare bloedlus met 'n snoeiskêr bevredig. Hy kyk na haar foto by die artikel, luister 'n ruk na die getik van sy bakkie se warm enjin. Hy draai die aansitter en die bakkie brul. Hy sal haar adres maklik kry. Alle paaie lei na die hel, en soms moet jy duimgooi daarheen. Piet Steyn se spanningsdebuut is 'n vuishou op die krop van die maag. Kru, gewelddadig, kniediep in van die land se somberste werklikhede. Dit is ook geskryf met diepgaande kennis van die karakters wat in hierdie omstandighede leef en sterf, en met 'n meesterlike beheer van spanning en die onverwagse.

Expand title description text
Publisher: Tafelberg

OverDrive Read

  • ISBN: 9780624052494
  • Release date: April 1, 2011

EPUB ebook

  • ISBN: 9780624052494
  • File size: 693 KB
  • Release date: April 1, 2011

Formats

OverDrive Read
EPUB ebook

subjects

Fiction Mystery

Languages

Afrikaans