Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Klimtol

ebook
Dié yo-yo wat van sy vinger af uitkatrol het eens op 'n tyd vol sale getrek. In die dae van fleur en flambojansie, toe hy met eendsterthare en in sy smoking jacket met elke hopstappie en kierang die gehoor kon betower. Maar nou is Ludo Loeloeraai se hare grys, en verlang hy na die kameravrou wat hy dekades laas gesien het. Die bloedkol op die pad by Tweefontein kan hy nie vergeet nie, en so ook die eerste verskyning van die vliepiering op die oop pad . . . Dis hier op Paternoster, waar hy aan die einde van 'n baie lang pad tot rus probeer kom, dat Snaartjie Windvogel haar opwagting maak. Nou eers kon sy van die suikerhuis wegbreek, maar sy het reeds die aand toe haar viool stukkend getrap is, geweet dat daar vir haar nooit weer 'n terugkeer na Matjiesfontein sou wees nie. En dis op Paternoster waar haar pad kruis met dié van Eenslie Maree, pas uitgeklaar as adelbors. Hy sóék haar, want sy is 'n pragtige meisiekind met lang bene en goeie dye, kuite soos twee visse en regop borste, en hy is 'n jongman in uniform met 'n reguit rug. Al weet hy dat sy die een is wat die bouers jumps gee. Al sê mense selfs oom Ludo ry elke oggend verby die vuurtoring om Snaartjie in die reservaat te ontmoet en dis hoekom hy deesdae so sonbruin en gesond lyk, want dié meerminjintoe seks hom deeglik en hy is op dreef. Een ding is seker: twee lyke wat so kort na mekaar by Bekbaai uitspoel is geen grap nie. Wat sou al dié sterftes met die vloek van die see na Paternoster gebring het? Klimtol is Etienne van Heerden se eerste roman sedert die veelbekroonde 30 nagte in Amsterdam in 2008 verskyn het. Dit is 'n kragtoer van 'n triek.

Expand title description text
Publisher: Tafelberg

OverDrive Read

  • ISBN: 9780624057260
  • Release date: September 1, 2013

EPUB ebook

  • ISBN: 9780624057260
  • File size: 4103 KB
  • Release date: September 1, 2013

Formats

OverDrive Read
EPUB ebook

subjects

Fiction Literature

Languages

Afrikaans