Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Bestemmings

ebook
Bestemmings bekoor met sprankelende, sexy stories. Ontmoet dié minsame karakters en swerf saam op hulle avontuurlike reise.Die smulpaapvakansie van 'n leeftyd verander in 'n nagmerrie toe Louise Tredoux snap dat sy nou waaragtig aan die verkeerde kant van veertig beland het. Want vir dié reis sou sy tog 'n mansvriend verkies. Nie noodwendig 'n bedmaat nie, sy sou tevrede wees met bloot 'n tafelmaat. Maar op vyf en veertig lê sy stoksielalleen in 'n hotelkamer in Avignon wat soos 'n foto in 'n glanstydskrif lyk. Sy stry teen 'n verterende verlatenheid terwyl sy soos 'n rolprentster op beroemde promenades wandel. Haar trane steek sy weg agter 'n byderwetse sonbril.Elke mens het 'n droomlandskap. Marlene s'n was nog altyd die hoë Toskaanse lug, blouer en wyer as haar man se oë wat haar nie meer kan troos nie. Hulle bestemming is 'n kothuis in Siëna waarheen hulle vir 'n broodnodige gesinsvakansie vlug wanneer hul uitgekalwerde verhouding ernstige tekens van verval begin toon . . . Op haar sterfbed hunker Kathleen terug na haar jeug, na drie nagte van sensuele oorgawe vóórdat sy geskrik en voet in die wind geslaan het – terug na die veiligheid, verveligheid en voorspelbaarheid van haar huwelik met 'n man van min woorde.As Michelle se bagasie nie op pad na Frankryk weggeraak het nie, sou haar romantiese vakansie in Parys dalk anders verloop het. Nee, dink sy terwyl sy Johan se oë oor haar rug, haar boude en bene voel streel. Gretig versnel sy haar pas om onder sy waarderende blik uit te kom. Sy kan nie haar bagasie blameer nie. Dis net een van daai dinge.

Expand title description text
Publisher: Tafelberg

OverDrive Read

  • ISBN: 9780624058243
  • Release date: May 10, 2012

EPUB ebook

  • ISBN: 9780624058243
  • File size: 309 KB
  • Release date: May 10, 2012

Formats

OverDrive Read
EPUB ebook

subjects

Fiction Literature

Languages

Afrikaans