Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Asbesmiddag

ebook
'n Romanskrywer en Professor in Skeppende Skryfwerk aan 'n Kaapse universiteit verkeer tussen boeke en is op sy weerloosste en hongerste. In die verslete haarsalon van ene Giuseppe Giuliani, in 'n minder goeie deel van Stellenbosch, ontmoet die skrywer 'n bejaarde en beroemde biljoenêr, 'n asbesmagnaat. Versteek in 'n steeg voorsien die haarsalon bekendes, wat op soek is na privaatheid en rus, van uurlange kopmasserings, begelei deur Italiaanse tenore en pierings vol olywe. Die skrywer se vader – eens 'n vuurspuwer en latere ringmeester in 'n Karoosirkus – deel 'n ongelukkige geskiedenis met die asbesmagnaat en die skrywer is voyeuristies daarop uit om wraak te neem by wyse van sy vertelling – of so dink hy. Gou ontdek hy egter dat ander spelers in die verhaal ratser manipuleerders van storielyne is as hy. Die biljoenêr word 'n karakter in die skrywer se boek en die hooftema word die kunstenaar se uitbeelding van die werklikheid, wat lei tot die skepping van 'n vervormde en nuwe werklikheid, kortom, 'n onwaarskynlike onmoontlike: Storie. Dit word deur die sirkus se hoogtepunt-toertjie gesimboliseer – twee kameelperde wat op onwaarskynlike wyse hul nekke verknoop. Die skrywer en die biljoenêr se lewens verknoop, werklikheid en fantasie verknoop, die twee vaders (die skrywer se bloedvader en sy nuwe magnaatvader) verknoop – en lei tot 'n skokkende einde wat reeds vroeg in die boek deur 'n Indiese fortuinverteller voorspel is. Wie het ten slotte vir wie geskryf? Wie van die twee mans – die romansier of die magnaat – is die werklike hand agter die verhaal? 'n Storie oor bloedeed, sensualiteit, 'n veranderende Suid-Afrika, 'n verlange na 'n verlore verlede, en 'n geheimsinnige Wes-Afrikaan, die alomteenwoordige Mister Deejay Gucci X. Ook 'n handleiding oor kunstenaarskap, en 'n wrede verkenning van die etiese problematiek van die skrywer.

Expand title description text
Publisher: Tafelberg

OverDrive Read

  • ISBN: 9780624068747
  • Release date: December 30, 2013

EPUB ebook

  • ISBN: 9780624068747
  • File size: 530 KB
  • Release date: December 30, 2013

Formats

OverDrive Read
EPUB ebook

subjects

Fiction Literature

Languages

Afrikaans