Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Speurder Kwaaikofski 6

ebook
Gewoonlik ondersoek Kwaaikofski nie sake wat iets met honde te doen het nie – dit is vir beginners. As die stad se ander speurders moet uitvind hy loop agter 'n vermiste hond aan, skaam hy hom morsdood! Maar hierdie keer is dit 'n uitsondering – Masker Mike se reusehond, Wotan, is net so geheimsinnig en buitengewoon soos sy eienaar. Maar wie beskuldig vir Wotan van allerlei wandade? Is dit net 'n manier om van hom ontslae te raak, of probeer iemand vir Masker Mike bykom? Speurder Kwaaikofski stel ondersoek in. Die Speurder Kwaaikofski speurreeks is deur een van Duitsland se mees gleiefde skrywers vir kinders geskep en het al meer as 850 000 eksemplare wêreldwyd verkoop. Honde, hoede en hande is die sesde storie in die Afrikaanse reeks. Kwaaikofski is 'n 9-jarige seun met 'n avontuurlike stokperdjie: hy's 'n amateur-speurder. Hy kou altyd kougom, want dit help hom dink. Hy haal ook nooit sy kep af nie, want dit sorg dat sy brein altyd teen die optimale temperatuur funksioneer – iets wat natuurlik noodsaaklik is vir belangrike speurders soos hy! Die intriges van die stories in die reeks is eenvoudig, maar uiters vermaaklik en die humoristiese illustrasies sal sorg dat kinders dol sal wees oor hierdie koddige, maar brawe klein speurder se avonture! Die boeke het eenvoudige woordeskat en is ideaal vir beginnerlesers (ouderdomme 6 tot 10).

Expand title description text
Series: Speurder Kwaaikofski Publisher: Human & Rousseau

OverDrive Read

  • ISBN: 9780798163255
  • Release date: August 20, 2013

EPUB ebook

  • ISBN: 9780798163255
  • File size: 4082 KB
  • Release date: August 20, 2013

Formats

OverDrive Read
EPUB ebook

Languages

Afrikaans